Jaarlikse Bonus
Jaarlikse bonus van tot 5%
Teen die einde van elke boekjaar in Junie word ’n bonus verklaar. Hierdie bonus bestaan uit afslag beding met gekontrakteerde verskaffers asook die opgelope rente daarop. In November elke jaar ontvang lede hul bonusse op aankope gedurende die vorige boekjaar (Julie – Junie) as krediet op hul rekening – net betyds vir die vakansietyd! Dus hoe meer daar maandeliks op die kaart gekoop word, hoe groter is die bonus!
