Kaapse Verbruikers (Edms.) Bpk. is in 1947 gestig as die Koophulpvereniging vir Staatsdiensamptenare (SEBAA) wat afslag aan ‘n klein groepie lede gebied het. Sederdien het Kaapse Verbruikers tot ‘n reus gegroei met meer as 50,000 kaarthouers, 5,000 kleinhandelaars en ‘n jaarlikse omset van meer as R900 miljoen.
Kaapse Verbruikers bestaan slegs tot voordeel van sy lede en die onderneming se onderliggende beginsel is baie eenvoudig. Deur middel van die gesamentlike koopkrag van die lede onderhandel Kaapse Verbruikers namens die lede vir korting by gekeurde kleinhandelaars. Hierdie afslag word dan as ‘n bonus aan die lede betaal gegrond op hul aankope gedurende die voorafgaande boekjaar.
Met meer as 50,000 kaarthouers is daar nie ‘n produk of diens wat nie verkrygbaar is met ’n Kaapse Verbruikers/b-Smart-kaart nie. Die meeste van die groot verskaffers het ’n lang verbintenis met Kaapse Verbruikers.
Kaapse Verbruikers (Edms.) Bpk. is ‘n geregistreerde kredietverskaffer ingevolge die Nasionale Kredietwet. Die registrasienommer is NCRCP501.
